Saturday, November 14, 2009

Glass House Mountains



Ons het Ouma na die Glass House Mountains toe gevat, en sy het die vreeslik geniet. Sy is verstom oor die pragtige land. Sy is verbaas dat mens nie meer hoor van mense wat in Australie kom vakansie hou nie. Almal gaan Europa toe, of Amerika, maar mens hoor bitter min van mense wat in Australie kom vakansie hou. Hulle weet nie wat hulle mis nie!!




Hier is 'n foto van ouma by die berge:


Ouma en Alrich. Kyk net die lang hare!!! Hier is dit mos toelaatbaar in die skole, en probeer nou vir 'n tiener seun oortuig "army style is the way to go".


Hier kan jy bietjie meer van die "Glass House Mountains" gaan lees:

http://www.australianexplorer.com/glass_house_mountains.htm

En hier is die baie interessante "Aboriginal legend":


In the Aboriginal legend the mountains are members of a family with the father being Mount Tibrogargan and the mother Mount Beerwah. All of the other mountains are sons and daughters with the eldest being Mount Coonowrin.

Tibrogargan, the father, observes that the sea is rising and asks that Coonowrin the eldest son help their pregnant mother to safety. Terrified, Coonowrin instead flees. Infuriated by his sons cowardice Tibrogargan pursues him and strikes him so hard that he dislocates Coonowrin's neck.
Once the danger passes Coonowrin feels tremendous guilt for his actions and asks his father, brothers and sisters for forgiveness but all wept with shame. This is said to explain the many small streams that flow through the area. Tibrogargan turned his back on Coonowrin and gazes out to sea refusing to look at his son Coonowrin who continues to hang his head in shame and weeps.


(Geneem uit Wikipedia)

Ouma se tyd raak min, en oor 10 dae gaan sy terug huis toe. Ons sien nie uit daarna nie, en die afskeid le swaar op ons almal se gemoed. Dis die "sad" deel van emigrasie, die afskeid en onsekerheid van of en wanneer jy ooit weer jou mense gaan sien. Dan vra mens jouself gereeld of dit die moeite werd is, en elke keer kry jy dieselfde antwoord: Ja!!! Vir die rus en innerlike vrede wat ons hier ervaar, sal ons dit nooit verruil nie. Hier voel dit weer of mens kan lewe. En die seuns se rustigheid en hulle groter wordende afhanklikheid is onbeskryflik.

Alrich het vandag sy CV gaan ingee by 'n paar winkels in ons "local mall", want hy is oud genoeg om te begin werk. Hy wil so graag werk en sy eie sakgeld verdien, en ons ondersteun hom heelhartig hierin. Hy spaar vir 'n elektriese kitaar, en die vinnigste manier sal wees om sy eie sakgeld te verdien.

Een van die plekke was baie positief, en het gese hul soek mense, hul sal sy CV vir die "manager" gee en dan sal hul hom bel vir 'n onderhoud. Hy is baie opgewonde, en ek dink dit sal hom bietjie verantwoordelikheid leer en minder tyd gee vir tiener nukke en grille. Hou duim vas dat hy gou sy eerste werkie sal losslaan!!

(Natuurlik sal ma se beursie ook dankbaar wees!)

Tuesday, November 3, 2009

Die "Gold Coast"

Ons het Saterdag besluit om ouma na die Gold Coast toe te vat. Haar naweke saam met ons raak min, en ons het besluit dis nou die regte naweek om haar soontoe te vat. Die weer was wonderlik na ons die week reen gehad het, so die lug was blou en helder, en dit was ‘n warm somersdag.


Ons het begin by die “Carrara Markets”. Wat ‘n belewenis!! Dit was anders as die Eumundi mark, omdat daar ‘n groot Chinese “presence” was, maar die ander stalletjies, hordes van hulle, het steeds wonderlike produkte te koop gehad.

Daarna het ons “Surfers Paradise” toe gegaan. Die plek waar almal uithang. By die strand!! Die “Gold Coast” word deur toeriste beskryf as beter as “Miami Beach”, maar omdat ek nog nooit in Miami was nie, sal ek nou nie eintlik kan sê of dit waar is of nie. Maar dis steeds ongelooflik mooi.



Daarna het ons die berge aangepak, en by “Tamborine Mountain” ‘n draai gaan maak. En die ongelooflikste uitsig gehad oor die hele “Gold coast”.

Ons het by ‘n Poolse koffie plekkie op die berg gestop, en bietjie iets te drinke gehad, en die mooiste uitsig oor die berge in die binneland gekry. Ons het ook Lorekiete gehad wat wou saam kuier om die tafel. Na die ongelooflike uitsig oor die binnelandse berge, kan ek verstaan hoekom die mense in Australie langs die kus bly. Die binneland is nie baie begaanbaar nie. Min paaie, baie berge! En seker ook baie goggos!!









Op pad af van die berg af, kom ons toe af op die "tree top walk". Ons het meters bokant die aarde op 'n mensgemaakte stellasie geloop. Tot groot frustrasie van Alrich, wat nie hou van hoogtes nie. Leon het agterna gese dat as hy eers gesien het hoe die stellasies staangemaak is, sou hy dalk nie daarop geloop het nie. Dit was in elk geval 'n belewenis.







Ouma se dat sy nooit gedink het sy sou soveel nuwe dinge beleef op 70 nie. In haar jonger dae het sy darem die wereld so bietjie verken. Sy het die Bybellande besoek, Israel, en nog andere, en het ook so paar Europese lande besoek. Sy was ook op 'n passassierskip na Mauritius, een van die vakansies wat ons verskriklik geniet het. Ouma het seker gedog op haar ouderdom is dit nou iets van die verlede. Maar ons het haar darem nou so ietsie meer van die wereld laat ervaar. En ons gooi haar sommer in die diep kant in, vra nie of sy iets wil doen nie, se net vir haar wat sy gaan doen, en sy glimlag net en se "dis mar reg!"

Daarna het ons die tog aangepak huis toe, maar nie voordat ons eers by “Yatala Pies” gestop het nie. Hulle is bekend as 1 van die 2 beste “Pie shops” in Queensland. En dit was heerlik. Toe Leon agterna vir die kinders vra wat hulle die meeste geniet het, het Waldo sonder twyfel gesê “Yatala pies”. Dit nou van ‘n “tweenager” wat altyd aan kos dink!

Dit was ‘n heerlike dag, en ons het stokflou by die huis terug gekom. Ouma het dit baie geniet, en gesê die uitsig van die “Gold Coast” vanaf “Mount Tamborine” was vir haar die hoogtepunt van die dag se uitstappie.

Wednesday, October 28, 2009

Kan jy glo, al meer as 'n maand in ons eie huis!!




Ek kan nie glo hoe die tyd verbygaan nie. Met ouma hier is daar nie baie tyd vir netwerk nie.Ek het ook 'n kontrak gekry by 'n skool, en voltyds skoolgehou die laaste paar weke.


As ek klaar gewerk het, jaag ek huis toe, om ouma geselskap te hou. Dan moet ek ook tussen deur seker maak die kaste is vol kos, die kos is op die tafel en daar is skoon klere in die kas. Ouma help so bietjie met huis skoonmaak en is 'n groot hul met die wasgoed, so tussen die 2 van ons hou ons die huishouding aan die gang. Voltyds werk en huishou is saam 'n kombinasie wat 'n paar uur meer per dag sal waardeer!!


Hier is 'n paar fotos van die omgewing waar ons huis gekoop het. Dieselfde area, net so mooi! En die bonus, Melaluca Lakes wat agter ons huis le. En die baie bome, wat "great" is. Geen bure te naby wat ons kan pla nie. Net die voels wat in die bome sing, die paddas wat in die aand hul deuntjie sing en die eende wat gereeld van hul laat hoor. Dis nie die hemel nie, maar beslis die paradys!!







In die foto bo is 'n pad agter die meer, en die bome op die horison. Ons huis le net regs, agter die bome.






Ouma en die kinders, wag rustig vir ma wat fotos neem.






Die speelpark naby ons huis. Is dit nie die lewe nie????


Ouma se volgende uitstappie

Vanoggend het ek gereed gesit en wag dat Tracer my bel, om vir my te vertel by watter skool ek vandag moet gaan aanmeld. Toe ek teen 8 uur nog die die oproep gekry het nie, het ek besluit om ouma bietjie mark toe te vat. Die mark is in Eumundi, een van die "moet sien" plekke op Queensland se lys van 150 "must do things in QLD".


Dis so uur se ry van ons af, en ons was halfpad toe begin dit reen. Maar die "website" van "Eumundi markets" noem dat hulle oop is, hetsy dit reen of hael, so ek het geweet ons het baie om te doen vir die dag. Die mark was altyd net Saterdae oop, maar is nou al vir 'n rukkie ook oop op Woensdae. Ek het gedink dit sal minder besig wees, maar dit het gelyk soos die Randse Paasskou toe ons om die hoek kom. Plate karre net waar jy kyk!!


Die reen het nie gepla nie, en ouma was verwonderd oor al die mooi goed. Nie die goedkoop Chinese produkte wat mens by al wat 'n vlooimark kry in Johannesburg se omgewing nie, nee, "geniune" ordentlike klere, vreemde kosse wat jou mond laat water, pragtige handgemaakte juwele en skilderye, glaswerk en alles wat jou huis kan versier.




Na die mark het ons gestop by die "Ginger factory", en ons het 'n heerlike bak chips met "gravy" vir middagete gehad. Uit die boonste rakke!!! En 'n goedkoop maaltyd vir mense op 'n "budget".











Op pad terug huis toe, het ouma gese dat sy nooit gedink het sy sou soveel nuwe dinge in haar lewe ervaar en beleef nie. Sy is absoluut in vervoering oor die bome. Oral waar jy kyk is plate bome. En na gister se buitjie reen, is al die "creeks" vol water, en dis heerlik om te ry en net bome en waterpoele te sien. Skoongewas en alles is sommer mooi en helder.

Dit was 'n heerlike dag saam met ouma gewees.

Monday, October 26, 2009

Ouma by Mt Coot-tha



Vandag het ek nie gewerk nie, maar wel betaling gekry.

Sien, verlede Maandag was 'n "student free day" gewees, wat beteken die kinders bly by die huis maar die onnies werk. Omdat ek op 'n kontrak gewerk het, vra ek toe die onderhoof of ek die dag moet kom werk, en sy se "Yes!" So, ek sit toe verlede Maandag die hele dag en niks doen by die skool! En almal weet hoe moeg mens altyd is van niksdoen!!

Donderdag roep sy my en se ek moes eintlik nie gewerk het nie, sy het nie geluister na wat ek haar vra nie! Nou gaan die QLD onderwysdepartement 'n dag se geld aftrek, so eintlik skuld die skool my nou 'n dag se geld. Die skool sal my vandag boek vir werk, maar ek gaan nie in nie. Lekker, 'n dag af met betaling!!!

Ek besluit toe om vir ouma Mt Coot-tha toe te vat, sodat sy Brisbane kan sien, vanaf die berg. En was ouma beindruk.! Sy kon nie glo hoe mooi dit is nie. Sy het net die hele tyd gese hoe mooi dit vir haar is, en hoe groen, en hoe baie bome daar is. Sy is baie beindruk met al die bome. Hier in Australie word die bome nie vir vuurmaak hout gebruik nie!!



Daarna het ek haar na Brisbane se botaniese tuin gevat, en sy was verras oor al die Suid-Afrikaanse plante daar. As mens nie weet jy is in Australie nie, sou jy gedink het jy stap in 'n tuin in Suid-Afrika. Nou nie oral nie, maar die grootste gedeelte van die tuine.






En kyk net wat die ozzies die Clivia uit Suid-Afrika noem!! Ek moes dit net met julle deel.



Posted by Picasa

Tuesday, October 6, 2009

Leon se groot "party"

Leon het gister sy 2de verjaarsdag in Australie gevier.



Een van ons goeie vriende verjaar saam met Leon die 5e Oktober, en ons het besluit om saam 'n "party" te hou. Meeste van ons vriende is ook hul vriende, so dit sou nie werk om dit apart te doen nie. Ons kon nie verantwoordelik wees vir hul emosionele welstand van ons vriende as hul sou moes kies wie se partytjie om by te woon nie ........



Hier is 'n foto van die 2 manne wat die "boude" in die Webbers dophou. Ons het 4 skaapboude gekoop, en hulle was "massive". Skaap in Australie is baie goedkoop, en dis heerlik. In SA het ons maar min skaapboud gekoop, dit was bietjie duur vir die sak, maar hier kan ons dit gereeld koop. En die kwaliteit is fantasties. Een van ons ander vriende, Jan, het gehelp om die boude te marineer en gereed te kry vir die groot partytjie.




Dankie Jan, jy is 'n bobaas kok. Jou dienste sal weer gebruik word!!!



Ons het sommer die partytjie gekombineer met ons daknatmaak partytjie, so dit was 'n jolige klomp mense gewees. Ons het 8 seuns gehad om te voed, plus so 18 grootmense. Heerlik!!!